'n Vyfjarige VS kind kry nou palliatiewe sorg
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 5 days ago
- 1 min read
Die vyfjarige dogtertjie van Senekal in die Vrystaat, wat weer ’n retinoblastoom uit haar linkeroog moes laat verwyder, se lyfie is nou deurtrek van kanker.
Netwerk24 berig Leandré Lottering se ma, Charlize Lottering, sê Leandré het verlede week glad nie beweeg nie en het vreeslik moeilik asemgehaal. Lottering vertel dat hulle haar uit Senekal na die Universitas-hospitaal in Bloemfontein geneem het, waar sy tans is.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder daar is vroeër berig Leandré is in April 2025 met retinoblastoom, ’n seldsame en aggressiewe oogkanker wat meestal in kinders voorkom, gediagnoseer.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
Die kanker het nou aggresief na Leandré se brein en rugmurg versprei. Daar is tans geen behandeling beskikbaar nie. Volgens ’n plasing op die Arms of Mercy-stigting se Facebook-blad word palliatiewesorg-reëlings nou getref. Sy sal in die hospitaal bly onder noue monitering voordat sy toegelaat sal word om huis toe te gaan om deur haar familie se liefde omring te word.







Comments