top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Wateronderbreking van 36 uur wag op Bloemfontein

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 19
  • 1 min read

Bloemfonteiners word in kennis gestel van 'n beplande wateronderbreking van 36 uur wat volgende week sal plaasvind.


My City Bloemfontein berig luidens 'n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit sal die onderbreking van 06:00 op Dinsdag 23 Junie tot 18:00 op Woensdag 24 Junie duur.


Die metro sê die onderbreking is nodig vir instandhoudings- en opknappingswerk aan die grootmaatwatervoorsieningstelsel, insluitend werk by die Longridge-, De Hoek- en Uitsig-reservoirs.


Lae waterdruk of wateronderbrekings kan in groot dele van Bloemfontein en omliggende gebiede ervaar word.


Die metro moedig inwoners aan om vooraf water op te gaar aangesien die herstel van die watervoorsiening geleidelik sal plaasvind nadat die werk voltooi is.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 

 
 
 

Comments


bottom of page