top of page

‘n Watertekort wag vir Bfn tydens beplande instandhoudingswerk

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 6
  • 1 min read

Die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit het ‘n kennisgewing uitgereik oor beplande onderhoudwerk aan die Maselspoort-waterbehandelingsaanleg.


Volgens die kennisgewing behels dit grootskaalse onderhoud, wat insluit die inspeksie, skoonmaak en onderhoud van verwante tenks.


Die onderbreking sal na verwagting 36 uur duur, en is geskeduleer vir 8 en 9 Januarie. Die areas wat moontlik geaffekteer kan word, is Noordhoek, Hilton en Raymond Mhlaba-straat.


Inwoners word aangeraai om vooraf water op te gaar, en water spaarsamig te gebruik. Lae waterdruk of selfs geen water kan verwag word.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

Comments


bottom of page