'n Wees-renoster kry haar eie kleintjie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 5
- 1 min read
'n Renoster wat as kleintjie in 2020 deur die Rhino Orphanage in Limpopo gered is, het geboorte geskenk aan 'n gesonde bulkalf.
Jessie se ma is deur stropers doodgemaak toe sy vier maande oud was, en sy was vir twee dae lank alleen met 'n wond aan haar sy voordat reddingswerkers haar opgespoor het.
Good Things Guy berig Jessie se bulletjie is die agtste om by Rhino Orphanage gebore te word.
Volgens hul sosiale media het die moniteringspan Jessie opgespoor waar sy rustig saam met haar piepklein pasgebore kalf gestaan het. Sy was kalm, hoewel nog effens moeg ná die geboorte.








Comments