top of page

'n Welkom-vrou word steeds vermis

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • 5 days ago
  • 1 min read

Vier maande ná die verdwyning van 'n vrou in Welkom in die Vrystaat, is daar nog geen spoor van haar nie.


Die polisie het nou opnuut ’n dringende beroep op mense gedoen om te help om die 32-jarige Anuschka Janine Saunders te vind.


Maroela Media berig Saunders is die laaste keer op Dinsdag 27 Mei gesien toe sy ʼn vriendin laat weet het dat sy gou winkel toe gaan. Sy het nooit teruggekeer nie.


Die polisie sê ook haar selfoon is onaktief, en alle ondersoekpogings het doodgeloop.


Enigiemand met inligting oor Saunders kan die polisie kontak.


Anuschka Janine Saunders. FOTO: Maroela Media
Anuschka Janine Saunders. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page