top of page

'n Welkomse man is vas vir dwelmhandel

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 21
  • 1 min read

'n Man is in Welkom in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat dwelms, geld en vermoedelik gesteelde selfone by sy besigheid gevind is.


Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana sê in 'n verklaring polisie het Dinsdag op 'n besigheid toegeslaan. Die dwelms het 'n straatwaarde van ongeveer R30 000 en sluit in kristal-metamfetamien, CAT, Mandrax-tablette.


Die verdagte gaan binnekort in die Welkomse landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel, dwelmbesit, en die besit van vermoedelik gesteelde items.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page