'n Welkomse meisie is binne enkele ure dood aan breinvliesontsteking
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 7, 2025
- 1 min read
Slegs enkele ure nadat sy van hoofpyn begin kla het, is ‘n hoërskoolmeisie van Welkom skielik aan breinvliesontsteking dood.
Naledi Ntsonta se ma het hul pastoor, Joshua Bolaji, gebel toe sy in die gang flou word.
Bolaji sê volgens Netwerk24 die ergste was dat sy die hele dag gesond was. Sy is soos normaal skool toe, en omstreeks 18:00 van erge hoofpyn gekla.
Naledi is na die Mediclinic Welkom gehaas, waar personeel sowat 30 minute lank probeer het om haar te resussiteer.
Die nadoodse ondersoek het aangedui dat sy aan bakteriële breinvliesontsteking dood is.
Bolaji sê die groot vraag is waar sy dit gekry het, want sy was andersins blakend gesond.






Comments