top of page

‘n Werklose Bloem-student het weer hoop

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 23
  • 1 min read

‘n Oud-Kovsie student wat twee maande gelede by ‘n verkeerslig in Bloemfontein met ‘n sertifikaat in die hand om werk gesmeek het, is deesdae gelukkig by sy nuwe werk.


Netwerk24 berig Odirile Poghiso werk nou amptelik ‘n maand by Kloppers in die Loch Logan-waterfront.  


Kloppers se uitvoerende hoof, Rochelle Klopper, het die berig oor Poghiso gesien en dit aan hul menslikehulpbronbeampte gestuur – waarna Imelde van den Berg hom toe ‘n werk aangebied het.


Poghiso sê hy is dolgelukkig en almal by die winkel pas hom mooi op.


Hy voeg by toe hy die werk kry, het hy weer hoop gekry dat hy iets met sy lewe kan doen.


Odirile Poghiso. FOTO: Netwerk24
Odirile Poghiso. FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page