‘n Winburg-man samel geld in om water aan die gemeenskap te voorsien
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 7 days ago
- 1 min read
’n Gemeenskapslid het ’n geldinsamelingsveldtog begin om private boorgate toe te rus sodat dit water aan inwoners en diere in Winburg en Makeleketla in die Vrystaat kan verskaf. Inwoners hier sit al langer as ’n maand sonder water.
Netwerk24 berig Michael Landsman, wat die veldtog begin het, sê hy het twee boorgate, maar nie die geld om dit toe te rus nie.
Volgens inligting op Landsman se BackaBuddy-veldtog wil hy die gemeenskap van water voorsien aangesien die munisipaliteit nie water deur krane of watertenkwaens lewer nie. Hy sê baie mense het nie eens houers om water uit riviere, boorgate of ander bronne aan te dra nie.
Volgens Landsman moet die boorgate toegerus word, nog JoJo-tenks aangekoop word, ’n JoJo-tenk op ’n bakkie geïnstalleer word, ’n pomp bekom word om water te versprei en houers aan bejaardes verskaf word wat nie JoJo-tenks het nie.
Die waterkrisis het Dinsdag tot oproer gelei toe die premier van die Vrystaat, Maqueen Letsoha-Mathae, ’n gemeenskapsvergadering gehou het om inwoners oor die voortslepende tekorte in te lig. Die oproer het tot die sluiting van die N1 gelei, en dit is weer Woensdagmiddag vir verkeer oopgestel.








Comments