top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Winkeleienaar wat LGBTQ+-mense verbied, moet duisende opdok 

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 13
1 min read

’n Winkeleienaar van Gqeberha in die Oos-Kaap moet ’n openbare verskoning aanbied en R200 000 in skadevergoeding betaal, nadat hy aangedui het dat LGBTQ+-mense nie welkom is in sy winkel nie.


Die eienaar van La Gardi Plastics, Packaging & Baking Requirements, Dawood Lagardien, het op 'n swart bord buite die winkel geskryf dié mense is nie welkom nie. Hy het glo ook ’n WhatsApp-groep gestig waarop daar glo haat teenoor die LGBTQ+-gemeenskap aangewakker is.


Maroela Media berig die gelykheidshof het bevind Lagardien se optrede was haatspraak, onbillike diskriminasie en teistering. Die geld moet aan ’n organisasie betaal word wat gelykheid bevorder, wat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie sal identifiseer.


Die hof het ook die saak na die Nasionale Vervolgingsgesag verwys vir ’n strafregtelike ondersoek.


Die swart bord buite La Gardi Plastics, Packaging & Baking Requirements. FOTO: Maroela Media
Die swart bord buite La Gardi Plastics, Packaging & Baking Requirements. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page