‘n Winter sonder beurtkrag is op die kaarte vir SA
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 22
- 1 min read
Die minister van elektrisiteit en energie, Kgosientsho Ramokgopa, het Eskom geprys vir volhoubare elektrisiteitsopwekking met die klem dat daar geen beurtkrag hierdie winterseisoen sal wees nie.
Die kragvoorsieningmaatskappy het Woensdag die stand van die stelsel by ‘n media-inligtingsessie aangebied om sy 2026 Wintervooruitsigte te deel. Eskom betree die 2026 winterseisoen met ‘n veerkragtige kragstelsel, wat ‘n winterperiode van voortgesette energiestabiliteit van 1 April tot 31 Augustus voorspel.
Ramokgopa sê daar behoort in die eerste plek nie so iets soos beurtkrag te wees nie en dat Eskom in die regte rigting beweeg.








Comments