N3-tolroete oop na beweerde protesoptog deur vragmotorbestuurders
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 2, 2025
- 1 min read
Verkeer het ‘n paar uur ná ‘n protesoptog deur vragmotorbestuurders op die N3 in die Vrystaat hervat. Die protesoptog het die N3-tolroete in beide rigtings naby die Roadside/Reitz-wisselaar beinvloed. TimesLive berig volgens polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, het die polisie stilstaande vragmotors aan beide kante van die pad gevind, met die bestuurders wat aangedui het dat hulle nie die vragmotors se sleutels het nie. Toe sleepwaens egter begin ontbied word om die voertuie te verwyder, het die bestuurders hul vragmotors begin skuif. Die rede vir die protesoptog is steeds onduidelik.







Comments