Naamveranderinge weer vir Vrystaatse dorpe voorgestel

Die African Transformation Movement (ATM) het voorgestel dat die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, prosesse van stapel stuur om die dorpe Harrismith en Smithfield te hernoem.
Dit kom nadat die ATM sê dit is weens “kulturele sensitiwiteit” aangesien Harrismith vernoem is na ‘n destydse Kaap-kolonie se goewerneur, wat die AmaXhosa-koning in hegtenis geneem het en later dood gemaak het.
Business Tech berig McKenzie het egter gesê dit is nie sy departement se verantwoordelikheid om onus te neem om dié proses te begin nie, en dat gemeenskappe deur die korrekte kanale moet beweeg hiervoor.
Daar is so vroeg as 2005 en toe weer in 2015 naamveranderinge vir dié dorpe voorgestel, maar die plaaslike gemeenskap het dit nie ondersteun nie en het ‘n petisie daarteen ingedien.








Comments