Nala moet hul plan teen kabeldiefstal verskerp
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 6 days ago
- 1 min read
Die VF Plus verwag dat die Nala Plaaslike Munisipaliteit in die Vrystaat die aanbevelings in 'n verslag oor die beskerming van munisipale infrastruktuur sonder versuim sal implementeer.
Die munisipale raad het die ad hoc-komitee se verslag aanvaar nadat die VF Plus 'n mosie ingedien het ná 'n toename in kabeldiefstal en ander voorvalle gedurende 2025.
Die verslag beveel onder meer beter toegangsbeheer, toesigkameras, gereelde inspeksies en sterker beskerming van munisipale infrastruktuur aan.
Die VF Plus sê hy verwag ook gereelde vorderingsverslae aan die raad.








Comments