Nandipha Magudumana weer in die hof
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 16, 2025
- 1 min read
Die appèlhof in Bloemfontein sal waarskynlik Vrydag ’n beslissing lewer in Nandipha Magudumana se aansoek om haar uitlewering van Tanzanië onwettig te laat verklaar. Nuusflits berig Magudumana se regspan het die aansoek by die hoogste hof van appèl ingedien ná die Vrystaat-hooggeregshof haar saak oor die uitlewering van die rol geskrap het. Sy en Thabo Bester is in April 2023 van Tanzanië na Suid-Afrika uitgelewer ná Magudumana Bester glo gehelp het om uit die tronk te ontsnap. Magudumana beweer sy is onwettig aan Suid-Afrika uitgelewer, en as die regter in haar guns beslis, kan sy moontlik vrygelaat word.







Comments