top of page

Nasa-rover ontdek bewyse van mini-weerlig op Mars

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 7d
  • 1 min read

‘n Nasa-tuig het moontlik vir die eerste keer bewyse van weerlig in die Mars-atmosfeer aangeteken.


Navorsers van Frankryk het 28 uur se opnames van die tuig, wat sedert 2021 oor die rooi planeet beweeg, geanaliseer. Die tuig se mikrofoon het die geluide van elektriese ontladings, met die bynaam mini-weerlig, opgevang.


Volgens die wetenskaplikes word die elektriese ontladings gewoonlik geassosieer met stofduiwels en stofstormfronte. Hulle sê die ontdekking kan die atmosferiese chemie, klimaat, bewoonbaarheid en die toekoms van robotiese en menslike verkenning direk op Mars beïnvloed.


FOTO: World Atlas
FOTO: World Atlas

 
 
 

Comments


bottom of page