top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nasa se Voyager 1 bereik binnekort ’n historiese mylpaal

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16
1 min read

NASA se Voyager 1-ruimtetuig is op die punt om ’n historiese mylpaal te bereik deur ’n afstand van een ligdag vanaf die aarde af te lê.


Volgens NASA sal die ruimtetuig Woensdag 18 November dié afstand bereik. Een ligdag is die afstand wat lig binne 24 uur aflê – sowat 25,9 miljard km.


Geen ander mensgemaakte voorwerp het nog so ver van die aarde af gereis nie.


Die ruimtetuig is in 1977 gelanseer en reis dus al byna 50 jaar deur die ruimte.


NASA nooi mense wêreldwyd om Dinsdagaand ná sononder dié prestasie te vier deur met selfone of flitsligte die letters V-G-R in morsekode na die hemel te flits.


Die letters verteenwoordig Voyager se roepsein en vorm deel van ’n wêreldwye simboliese huldeblyk aan die ruimtetuig se buitengewone reis.


FOTO: NASA
FOTO: NASA

 
 
 

Comments


bottom of page