Nasionale Dag van Rou vir slagoffers van oorstromings verklaar
- Armando Pieters

- Jun 16
- 1 min read
Die minister van samewerkende regering, Velenkosini Hlabisa, het aangekondig dat Donderdag as ‘n Nasionale Dag van Rou verklaar is vir die slagoffers van die verwoestende oorstromings in die Oos-Kaap. Die dodetal het vroeg Maandagoggend op 88 gestaan, maar kan styg soos soek- en reddingspogings voortduur. Hlabisa sê ook die regering sal die vloede in die Oos-Kaap slegs tot ‘n nasionale ramptoestand verklaar indien die huidige verligtingspogings onvoldoende is. President Cyril Ramaphosa en ander amptenare het die gebied Vrydag besoek om die skade te evalueer. Intussen gaan die regering ondersoek instel na die oorsaak van die vloede in Mthatha





Comments