top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens hou teengif vir noodgevalle byderhand

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 12, 2024
1 min read

Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens sê dit hou teengifreserwes vir noodgevalle byderhand. Die Suid-Afrikaanse Entstofprodusente se fasiliteit ondergaan tans uitgebreide opknappings wat gelei het tot die ontwrigting van die produksie van slangteengif.

Die Gesondheidslaboratoriumdiens sê hierdie ontwrigtings het die wagtyd vir bestellings verleng. Dit sê hierdie opgraderings is deurslaggewend om te verseker dat die Entstofprodusente in die komende jare aan die groeiende vraag na teengif kan voldoen. Die Gesondheidslaboratoriumdiens se bestuur is vol vertroue dat hulle sal voortgaan om in die behoeftes van die publiek te voorsien gedurende die warmer maande wat voorlê.

 
 
 

Comments


bottom of page