Nasionale Hospitaal kry 'n unieke kamer vir tienerkankerpasiënte
- Ilde Roos
- 21 hours ago
- 1 min read
Die Nasionale Distrikshospitaal in Bloemfontein huisves n unieke sogenaamde Dream Room spesiaal vir tieners.
Die streeksverteenwoordiger van Reach for a Dream in KwaZulu-Natal, die Vrystaat en die Noord-Kaap, Kerry Donkin, het saam met die uitvoerende bestuurder van Cell C, Joshua Moela, die eenheid geopen. Cell C het die Dream Room befonds.
Nova News berig Donkin sê tieners word dikwels vergeet in 'n wêreld waar daar baie op behandeling vir pediatriese en volwasse pasiënte is. Toe hulle hoor daar word tieners by die nasionale onkologie-eenheid hier behandel, het hulle besluit om die unieke kamer te skep.
Tieners kan in hierdie gemeubileerde vertrek ontspan of aangaan met skoolwerk terwyl hulle kankerbehandeling ontvang.
Die gesondheidsdepartement se hoof van neurochirurgie, Anton van Aswegen, sê die Dream Room is die eerste in sy soort in beide private en staatshospitale. Hy sê tienerpasiënte moenie ophou hoop nie.

Comments