top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'Nasionale veiligheidsbedreiging': Verdagtes vas rakende reeks voedselvergiftigings

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 26, 2024
  • 1 min read

Vier mense is in hegtenis geneem in verband met besmette kos in Gauteng. Dit volg na verskeie voorvalle die afgelope weke in minstens drie provinsies, waarin kinders in hospitale opgeneem en sommiges oorlede is weens simptome van voedselvergiftiging. Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het die inhegtenisnemings bevesting, en verder gesê die vermoede is dat ses kinders wat in Naledi dood is, se kos met ‘n chemiese stof besmet was. LEES MEER: Suid-Afrikaners begin wonder of voedselvergiftigingsgevalle aangehits word SABC-nuus berig hy sê een man en drie vroue is in hegtenis geneem, nadat hulle erken het dat hulle ‘n onwettige chemiese stof by ‘n winkelsentrum in Johannesburg gekoop het. Motsoaledi sê die voorvalle van voedselvergiftiging in Gauteng, Mpumlanga en Limpopo word beskou as ‘n nasionale veiligheidsbedreiging.

 
 
 

Comments


bottom of page