Nat toestande in die Vrystaat kan tot Junie voortduur
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 4 minutes ago
- 1 min read
Die nat toestande in die Vrystaat kan nog vir weke aanhou. Volgens Nova News sê ’n onafhanklike Bloemfonteinse weervoorspeller dat reën deur Mei en selfs tot in vroeg Junie kan voortduur.
Intussen het die welkome reën gemengde reaksies onder saaiboere in die Noord- en Oos-Vrystaat ontlok.
Volgens Vrystaat Landbou in Bethlehem se Hendrik Knobel help die reën om broodnodige vog aan gewasse te verskaf en opbrengste te ondersteun — maar dit skep ook uitdagings tydens strooptyd.
Hy sê nat lande maak dit moeilik vir masjinerie om te werk, wat die stroop van gewasse soos sojabone en suikerbone vertraag.
Tog is daar ook goeie nuus. Sommige boere kon reeds begin stroop, met opbrengste wat as redelik tot goed beskryf word.
Knobel sê die algemene opbrengspotensiaal lyk belowend, maar boere hoop nou vir ’n paar droë, sonnige dae om die proses te versnel.








Comments