Nat weerstoestande bemoeilik die kommandowurm-plaag bestryding

Die nat weerstoestande in die Vrystaat bemoeilik die bestryding van die wydverspreide uitbraak van die Afrika-kommandowurm-plaag. Netwerk24 berig Vrystaatse boere kon weens die reën, nie die afgelope paar dae teen die plaag spuit nie en hulle sal vir droër toestande moet wag. TLU SA se Vrystaatse streekbestuurder, Andries Raath, sê die bestryding van die wurms is dus nie op skedule soos beoog nie. Netwerk24 het vroeër berig die plaag hou ‘n bedreiging in vir weidingsgewasse en in sommige gevalle kan vee selfs vrek as hulle vreet waar die ruspes gevreet het. Volgens Raath is die uitbraak baie wyer oor die provinsie versprei as wat aanvanklik verwag was, en voeg by boere moet so gou as moontlik vir die wurms spuit wanneer dit opgemerk word.








Comments