top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Naval Hill se ikoniese ou reus sterf

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 10, 2024
1 min read

Naval Hill se ikoniese ou reus, Bulperd, is dood. Andri Grobbelaar, die voorsitter van Vriende van Franklin, het aan Bloemnuus gesê dat die kameelperd al ‘n rukkie lank kondisie verloor het. Toe sy Sondag by die toneel opdaag het was lede van die DBV en die department van kleinsakeontwikkel, toerisme en omgewings sake reeds daar. Die 17-jarige Bulperd is op Naval Hill gebore. Volgens Grobbelaar is almal baie hartseer en sy voeg by dat hulle groot drome gehad het dat die kameelperd sou help om die kameelperdgetalle op Naval Hill te vermeerder. Bulperd se ma is in 2022 oorlede, toe sy in ‘n erosiesloot op Naval Hill geval het en nie weer kon uikom nie.

 
 
 

Comments


bottom of page