Navorser is bekommerd oor die stygende besoedeling by die Vredefortkoepel-gebied
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 24
- 1 min read
’n Navorser van die Noordwes-Universiteit waarsku oor stygende besoedelingsvlakke by die Vaalrivier in die Vrystaatse Vredefortkoepel-gebied.
Professor Wynand Malherbe sê besoedeling deur mensgemaakte afvalwater hou ’n ernstige bedreiging in vir die rivier se akwatiese biodiversiteit.
Hoewel diere steeds in en rondom die rivier oorleef, het die getalle van ongewerweldes en visse merkbaar afgeneem.
Malherbe sê dringende optrede is nodig om die besoedeling te beperk en te keer dat die ekosisteem verder agteruitgaan.








Comments