Navorsers by 'n Bloemfonteinse museum ontdek nuwe goggas
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 8, 2025
- 1 min read
'n Span van ses navorsers aan die Nasionale Museum in Bloemfontein het die afgelope vyf jaar 62 nuwe spesies geïdentifiseer en in voorstaande internasionale wetenskaplike joernale gepubliseer.
Dié spesies sluit in 31 myte, 11 vlieë, 10 miskruiers, nege pseudoskerpioene en een akkedis.
Bloemnuus berig die hoof- uitvoerende beampte van die Nasionale Museum, Sharon Snell, sê hierdie ontdekkings lê klem om die rykheid van ons natuurlike erfenis, asook die belangrikheid van museumversamelings.
Dit aangesien baie nuwe ontdekkings tydens veldwerk gemaak word, maar baie ook aan die lig kom wanneer ou museummonsters – sommiges wat dekades vantevore versamel is – weer bestudeer word.






Comments