top of page

Navorsers vind die wêreld se oudste bekende grotskildery

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 22
  • 1 min read

Navorsers glo dat ‘n buitelyntekening van ‘n hand wat op die Indonesiese eiland Sulawesi gevind is, die wêreld se oudste bekende grotskildery is. 


Die skildery dateer uit minstens 67 800 jaar gelede, wat ongeveer 1 100 jaar voor die vorige rekord is. 


Dit toon ‘n rooi buitelyn van ‘n hand waarvan die vingers herwerk is om ‘n klouagtige motief te skep. 


Die vonds versterk die argument dat mense die wyer Australië-Nieu-Guinee-landmassa baie vroeër bereik het as wat sommige navorsers vermoed. 


Die BBC berig dat verskeie ontdekkings op Sulawesi die idee omvergewerp het dat kuns in die mensdom skielik in Ystydperk-Europa na vore gekom het.


FOTO: National Geographic
FOTO: National Geographic

Comments


bottom of page