Navorsing wys die onthoring van renosters verminder hul stroping
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 21, 2025
- 1 min read
Nuwe navorsing toon dat renosterstroping drasties verminder indien renosters onthoring word. SABC-nuus berig ‘n internasionale span navorsers het tussen 2017 en 2023 data van elf reservate in gebiede langs die Krugerwildtuin ontleed. Dié gebied het ongeveer ‘n kwart van die vasteland se renoster-bevolking. Sowat tweeduisend-200 renosters wat onthoring is is in die studie aangeteken en daar is bevind dat stroping met tot 78 persent afneem. Die navorsers waarsku egter dat renosters met stomp horings weer bedreig word, wanneer hulle horings begin teruggroei.







Comments