Navorsingsfondse is vir Afrikaanse erfenis beskikbaar
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 30
- 1 min read
Updated: Mar 31
Die Erfenisstigting se Navorsingstrust het finansiering vir 2026 beskikbaar gestel en nooi navorsers om aansoek te doen vir projekte oor Afrikaner- en Afrikaansverwante onderwerpe.
Volgens die stigting moet projekte aan streng akademiese standaarde voldoen, en die finale navorsing moet in Afrikaans beskikbaar wees. Fiksie en familiegeskiedenis word nie oorweeg nie. Aansoeke sluit Dinsdag en volgens die Trust dra die inisiatief bevorder gehalte-navorsing en by tot die bewaring van kulturele erfenis.








Comments