top of page

Nedbank en Transnet skik uiteindelik

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 27
  • 1 min read

Nedbank kan uiteindelik sy kopseer wat sedert die era van staatskaping voortgeduur het, agter die rug sit nadat ’n skikking met Transnet bereik is. Die bank gaan R600 miljoen opdok.


Nedbank sê luidens ’n verklaring aan beleggers dat die skikking nie ’n erkenning van skuld is nie, maar om ’n uitgerekte en duur regsgeding te vermy. Netwerk24 berig dit is ’n vertroulike, volle en finale skikking tussen die partye.


Die regsgeding handel oor die verskansingskontrakte wat Transnet in Desember 2015 en Maart 2016 met Nedbank gesluit het om nuwe lokomotiewe teen miljarde rande aan te koop. Die kontrak om dié lokomotiewe te koop is steeds in omstredenheid gehul.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

Comments


bottom of page