top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Negentien mense is vir onwettige mynbou in hegtenis geneem

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 9, 2025
1 min read

Negentien mense is in hegtenis geneem tydens ’n operasie teen onwettige mynbou in die Vrystaat. Volgens ’n polisieverklaring is van hulle op heterdaad betrap by myne in die Welkom-distrik. Die polisie het bykans 350 kilogram goudhoudende materiaal en verskeie toerusting vir goudverwerking gekonfiskeer. In Kopanang is twee verdagtes aangekeer met ’n selfgemaakte sementbom en smokkelkos ter waarde van R47 500. Drie ander is by verskillende myne betrap, en een van hulle was in besit van MIV-medikasie en kontant. Die polisie sê die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklagte wat wissel van onwettige mynbou tot oortreding van die Immigrasiewet.

 
 
 

Comments


bottom of page