Nehawu kritiseer VS gesondheidsfasiliteite
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 23
- 1 min read
Die vakbond Nehawu beskuldig die Vrystaatse Departement van Gesondheid daarvan dat hulle gesondheidsfasiliteite laat agteruitgaan, en verwys na herhaalde sluitings wat verband hou met nie-nakoming van beroepsgesondheid en -veiligheid.
Die vakbond sê die provinsiale lykshuis; Masilo-kliniek; PAX-kliniek; Meloding-kliniek; die Lejweleputswa-distrikskantoor en dele van die Mediese Depot is almal geraak deur probleme, insluitend water- en elektrisiteitsonderbrekings, swak ventilasie en onveilige toestande.
Nehawu vra vir die onmiddellike herstel van dienste en waarsku dat hulle stappe sal eskaleer as die departement nie die probleme aanspreek nie.








Comments