Nersa kondig hersiening van lasvermindering aan
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 5, 2025
- 1 min read
Die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) het ‘n hersiening van lasvermindering aangekondig. Die organisasie se regulatoriese spesialis, Vuyiswa Magubane, het die onthulling gemaak terwyl hy voorleggings namens die reguleerder voor die Menseregtekommissie voorgelê het. Die kommissie ondersoek tans die uitwerking van lasvermindering op menseregte. Die kommissie het vroeër die week gehoor hoe Eskom na bewering arm gemeenskappe doelbewus in sy implementering van die lasverminderings geteiken het.







Comments