Nersa sal ‘n oorgang na ‘n mededingende elektrisiteitsmark fasiliteer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 28
- 1 min read
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) sê dat dit ‘n oorgang na ‘n mededingende elektrisiteitsmark oor die volgende vyf jaar sal fasiliteer. Volgens Nersa sal hierdie oorgang ‘n markoperateurlisensie vir Eskom insluit.
Die markoperateur sal die platform vir elektrisiteitsopwekkers bied om elektrisiteit te verkoop. ‘n Elektrisiteitsmark-adviesforum sal Nersa adviseer.
Die reguleerder sê hierdie besluit is ‘n historiese mylpaal op die pad na mededinging.




Comments