top of page

Outa verwerp Nersa se goedgekeurde elektrisiteitstarief

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Feb 1
  • 1 min read

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) verwerp die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) se goedkeuring van die elektrisiteitstariefverhogings. Nersa het ‘n elektrisiteitstariefverhoging van 12-komma-sewe persent vir die jaar goedgekeur, wat in April in werking tree. Die styging is aansienlik laer as Eskom se aanvanklike vraag na 'n 36 persent verhoging. Outa sê dié verhoging is nogsteeds te veel vir verbruikers en besighede wat reeds sukkel om die ligte aan te hou. Outa sê Nersa se taak is om die belange van die publiek te reguleer, maar hulle gaan voort om prysverhogings goed te keur sonder om die onderliggende kwessies van Eskom se finansiële wanbestuur aan te spreek. Die organisasie sê Eskom en Nersa moet daarop fokus om oplossings te vind om die koste van elektrisiteit te verminder, eerder as om tariewe te verhoog om vir ondoeltreffendheid te vergoed.

 
 
 

Comments


bottom of page