Net minder as een miljoen geboortes in 2023 geregistreer

Sep 13, 2024
1 min read
Net minder as een miljoen geboortes is in 2023 geregistreer. Dit is volgens Statistieke Suid-Afrika se data van aangetekende lewende geboortes. Die data toon dat ‘n totaal van 932 138 geboortes verlede jaar by Binnelandse Sake geregistreer is. Statistieke Suid-Afrika sê die geboortedata vir 2023 het interessante neigings in die seisoenaliteit van geboortes aan die lig gebring. Maart het die hoogste aantal geboortes op 67-duisend-829 aangeteken, gevolg deur Januarie op 66-duisend-311.








Comments