top of page

NETBAL: Jaguars is weer op die wenpad

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 16
  • 1 min read

Die Jaguars is terug op die wenpad nadat hulle die Flames van Noordwes met 63-51 uitgestof het in Afdeling A van die Nasionale Netbal-liga. Die span van Noord-Gauteng het ook twee waardevolle punte verdien in diè reeks maar weet dat ’n titaniese stryd op hulle wag wanneer die verdedigende kampioen die Crinums Woensdag teen hulle op die baan gaan uitstap. In die twee spanne se eerste been ontmoeting van die kompetisie het die Vrystaters oorheers met ’n telling van 59-38. Die Wes-Kaapse Stings is ook weer aan die wenkant nadat hulle die Baobabs van Limpopo oorrompel het met 76-44. In die twee spanne se vorige ontmoeting het die dames van die Noorde beter rekenskap gegee waar die doelverskil aan die einde van die wedstryd slegs vier was. Die Fireballs van Gauteng beklee tans die eerste plek met 20 punte met die Crinums in die tweede plek op 16 punte. Die Jaguars is alleen derde met 12 punte terwyl die Stings en Flames die vierde plek deel op 11 punte. Die eindstryd in Afdeling A word Sondag beslis. Al die wedstryde word regstreeks op SuperSport 209 uitgesaai.

 
 
 

Comments


bottom of page