top of page

NETBAL: Kovises en UJ pak mekaar in USSA eindstryd

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 4
  • 1 min read

Die Kovsies en UJ gaan vir kookwater aksie sorg wanneer diè twee netbal-reuse mekaar Vrydag in die eindstryd van die Universiteit Sport Suid-Afrika-toernooi (USSA) gaan aandurf. Die Bloem studente was onoorwonne en het die Maties Donderdag met 40 – 33 in die halfeindronde geklop terwyl UJ vir Tuks met een punt kon stuit. Die telling was 46 – 45. Diè studente-toernooi word beslis op die kampus van die Nelson Mandelabaai-Universiteit in Gqeberha.

 
 
 

Comments


bottom of page