NETBAL: Paarl Gim as Wildeklawer-toernooi kampioen gekroon
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 5, 2025
- 1 min read
Paarl Gimnasium is as die Wildeklawer-toernooi se o.19 kampioen gekroon nadat hulle aartsvyand, Hoër Meisieskool Paarl, met 19 – 18 in Kimberley geklop het. Die kragmeting het heeltyd wipplank gery. In die eerste kwart het HMS Paarl met twee doele voorgeloop waarna Gimmies die volgende een geneem het met 8 – 7. Met sowat 90 sekondes oor het Paarl Gim hulle voorsprong tot 19 – 17 gerek en vasgebyt tot en met die blaas van die eindfluitjie. Gimmies se Nicola van Heerden is ook as die Speler van die Toernooi aangewys. *Die Hoër Meisieskool Oranje van Bloemfontein was in die uitspeelwedstryd vir die vyfde plek aan die wenkant toe hulle Affies met 29 – 25 gestuit het.






Comments