NETBAL: UJ klop Kovsies in USSA toernooi
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 7, 2025
- 1 min read
Die Universiteit van Johannesburg (UJ) is as die Universiteit Sport Suid-Afrika-toernooi (USSA) se 2025 netbalkampioen gekroon nadat hulle die Kovsies in die eindstryd met 42 – 41 geklop het. UJ het vir Tuks in die halfeindronde ook met een punt geklop (46 – 45) terwyl die Bloemfontein studente die Maties vroeër die week uitgeskakel het met 40 – 33 in die ander halfeindstryd. Die Kovsies se mans se netbalspan was ook in aksie en het goeie rekenskap van hulself gegee en die vierde plek behaal nadat die Tshwane Universiteit van Tegnologie dié kragmeting met 61 – 55 gewen het. Diè studente-toernooi was op die kampus van die Nelson Mandelabaai-Universiteit in Gqeberha beslis.






Comments