top of page

Neushoringvoëls word ook nou die teiken van onwettige dierehandel

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 7, 2025
  • 1 min read

Neushoringvoëls word ook nou die teiken van onwettige dierehandel en -smokkelary.


Volgens Maroela Media blyk dit uit 'n onlangse internasionale verslag.


Handel sluit in lewende voëls, skedels en vere, en dit word van verskeie dele van Afrika uitgevoer.


In die verslag waarsku wetenskaplikes dat hierdie handel verskeie spesies moontlik tot uitwissing kan dryf.


Private speurder en eienaar van Specialised Security Services (SSS), Mike Bolhuis, sê Suid-Afrika is die tuiste van verskeie neushoringvoëlspesies, insluitend die bromvoël, wat reeds as bedreig geklassifiseer word.


Neushoringvoëls is nie net visueel ikonies nie — hulle is onontbeerlik vir ekostelselbalans.


Onwettige handel kan tot boetes van soveel as R10 miljoen of tot 10 jaar gevangenisstraf lei.


FOTO: Maroela Media
FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page