top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

New York veg rotteplaag met voorbehoedmiddels

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 3, 2024
1 min read

New York se populasiegroei is astronomies. Met byna 20 miljoen mense is dit egter nie die skerp styging van die menslike populasie wat pla nie, maar eerder dié van die rotspesie wat in die strate en treintonnels woon.

WION berig dat die knaagdiere goed aangepas is om in sulke omgewings voort te bestaan en word as 'n pes beskou. Dit het die stad gedryf om met 'n unieke oplossing vorendag te kom om die plaag te beveg.

In plaas daarvan om gif of lokvalle te gebruik, versprei die munisipaliteit voorbehoedpilletjies op strategiese punte. Die plan is dat die rotte die pilletjies eet asof dit kos is, en dat die rotpopulasie oor 'n langer tydperk daardeur verminder word

 
 
 

Comments


bottom of page