top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

News24 stuur ‘n aanmaningsbrief aan die leier van March and March

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 8
1 min read

News24 het ’n aanmaningsbrief aan die leier van March and March, Jacinta Ngobese-Zuma, gestuur nadat sy ’n ondersoekende joernalis, Khaya Koko, se selfoonnommer op Facebook gepubliseer het.


EWN berig dit het binne minute tot doodsdreigemente, teistering en beledigende boodskappe en oproepe aan hom gelei. Koko ondersoek die oorsprong van die March and March-beweging, asook die bron van finansiering vir Ngobese-Zuma en haar man se regeringskontrakte.


News24 se prokureurs het geëis dat die plasing verwyder word. Ngobese-Zuma het egter net Koko se nommer uit die skermgreep verwyder.


News24 sê sy het Koko se grondwetlike regte onregmatig geskend.


Jacinta Ngobese-Zuma. FOTO: News24
Jacinta Ngobese-Zuma. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page