top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Gemartelde beesboer van Noordwes veg om herstel

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
2 days ago
1 min read

’n Beesboer van Noordwes veg om te herstel nadat hy Woensdag op sy plaas tussen Potchefstroom en Ventersdorp in ’n aanval gemartel is.


Donovan Marx is tydens die aanval geskiet, met ’n skerp voorwerp in sy been gesteek en sy ore is afgesny.


Potchefstroom Herald berig Marx is ná die aanval na Mediclinic Potchefstroom geneem, waar hy mediese behandeling ontvang het. Volgens inligting wat op sosiale media gedeel word, was Marx se toestand gisteraand kritiek maar stabiel, en kon sy nier ná 'n operasie gered word.


Volgens beskikbare inligting is Marx en ’n plaaswerker tussen 08:00 en 11:00 aangeval. Die aanvallers het glo die plaaswerker vasgebind voordat hulle Marx gemartel het. Die plaaswerker kon homself later loswikkel en hulp ontbied. Hy is volgens die beskikbare inligting nie beseer nie.


Die ondersoek na die aanval duur voort.


Die polisiewoordvoerder in Noordwes, kaptein Majang Skalkie, het gesê sy sal terugvoer gee sodra sy al die inligting tot haar beskikking het.


Donovan Marx en sy vrou, Louise. FOTO: Facebook
Donovan Marx en sy vrou, Louise. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page