top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'Nie-belyning moenie met neutraliteit verwar word nie'

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Suid-Afrika sê sy beleid van nie-belyning moenie met neutraliteit verwar word nie. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking (Dirco) het gereageer op onlangse opmerkings van die VSA se ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell.


SABC News berig die regering sê Suid-Afrika sal hom nie in geopolitieke mededinging laat intrek of onder druk laat plaas om kant te kies nie. Die land beklemtoon dat sy buitelandse beleid onafhanklik is en gefokus bly op dialoog, vrede en nasionale belange.


Volgens Dirco volg Suid-Afrika, as ’n soewereine staat, ’n onafhanklike buitelandse beleid wat stewig gegrond is op die beginsel van nie-belyning. Dirco sê die land gee voorkeur aan inklusiewe dialoog, wêreldvrede en sy eie nasionale belange.


Hy wys ook op wat hy beskryf as ’n inherente teenstrydigheid daarin dat Suid-Afrika in die openbaar gekritiseer word vir sy betrokkenheid by Iran en China, terwyl die Verenigde State self steeds aktief met dieselfde lande skakel.


Leo Brent Bozell. FOTO: Times Live
Leo Brent Bozell. FOTO: Times Live

 
 
 

Comments


bottom of page