top of page

Nie-lewensvatbare munisipaliteite moet ontbind word

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 31, 2025
  • 1 min read

Die minister van samewerkende regering en tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het die oproep herhaal dat nie-lewensvatbare munisipaliteite ontbind moet word. Hy glo dat dit onverantwoordelik is om hulle te behou en dienslewering te belemmer. SABC News berig Hlabisa het die sakesektor in Oos-Londen in die Oos-Kaa betrek tydens sy konsultasies oor die hersiening van die 1998 Witskrif oor plaaslike regering. Hy sê elke munisipaliteit moet jaarlikse finansiële state indien as 'n manier van verantwoording aan die publiek. Hy het verder ook die noodsaaklikheid beklemtoon om bekwame individue in sleutelposisies binne munisipaliteite te ontplooi. Minstens 65% van die land se munisipaliteite is tans in finansiële nood.

 
 
 

Comments


bottom of page