top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nie-skoolbeheerde voeselverskaffers tydelik in Vrystaat opgeskort

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 11, 2024
1 min read

Vrystaatse skoolhoofde en skoolregeringsliggame moet onmiddelik die verkoop van voedsel deur alle nie-skoolbeheerde voedselverskaffers op en om skoolterreine tydelik opskort. Dit volgens die Vrystaatse onderwysdepartement, in reaksie op die gevalle van voedselverwante siektes wat leerders in verskeie skole binne die provinsie raak. Hierdie gevalle wek groot kommer by die departement, met leerders van verskeie Vrystaatse skole wat mediese aandag en hospitalisasie benodig het nadat hulle glo items van plaaslike verskaffers geëet het. Volgens die Vrystaatse LUR vir onderwys, Mantlhake Maboya, word die opskorting genoodsaak om ondersoeke af te handel en om die koördinering van gesondheids- en veiligheidsnakoming moontlik te maak. Skoolsnoepies wat onder toesig handel dryf, soos goedgekeur deur skoolbeheerliggame, is vrygestel - maar moet aan streng veiligheidsprotokolle voldoen.

 
 
 

Comments


bottom of page