Niehaus wil niks weet van hom by die MKP skaar nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 3 hours ago
- 1 min read
Die EFF-LP Carl Niehaus stel geensins daarin belang om hom by oudpresident Jacob Zuma se MK-party (MKP) aan te sluit nie. Hy het aan Netwerk24 gesê hy is gelukkig en lojaal teenoor die EFF en het dus geen rede om groener weivelde te soek nie.
’n Video het onlangs die ronde op X begin doen waarin Zuma in Zoeloe sê hoe hy Niehaus na die MKP wil lok. Niehaus sê dis in slegte smaak van Zuma om ’n ander party se lede te probeer afrokkel, veral noudat gepraat word van moontlike samewerking tot voordeel van swart bemagtiging.
Zuma en Niehaus het voorheen ’n hegte verhouding gehad, maar dit het tot ’n einde gekom nadat Zuma in Desember 2023 die MKP gestig het.
EFF-leier Julis Malema het verlede jaar die MKP die grootste vyand van die EFF genoem en gesê hy wil niks met die MKP te doen hê nie, omdat Zuma EFF-lede afrokkel en vir sy party werf.








Comments