Niemand behoort alleen limfoom te hanteer nie

Sep 13
1 min read
Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) sê mense wat deur limfoom geraak word, behoort nie alleen deur hul diagnose, behandeling en herstel hoef te gaan nie.
Dit kom voor Wêreld-limfoombewustheidsdag, wat jaarliks op 15 September waargeneem word.
Limfoom is ‘n groep bloedkankers wat in die limfatiese stelsel ontwikkel.
Die Nasionale Kankerregister het in 2024 2346 gevalle van nie-Hodgkin-limfoom onder Suid-Afrikaanse mans en vroue aangeteken.
Vroeë mediese evaluering kan help verseker dat mense die ondersoeke en verwysings kry wat hulle nodig het, sonder onnodige vertragings.









Comments