top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Niemand sal in verband met die Phala Phala-saak vervolg word nie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 11, 2024
1 min read

Die direkteur van Openbare Vervolging sê hy sal niemand in verband met die Phala Phala-saak vervolg nie. Die Valke het ‘n ondersoek begin nadat die voormalige hoof van Intelligensie, Arthur Fraser, in 2022 ‘n klag teen president Cyril Ramaphosa by die polisie ingedien het. Fraser wou hê die Valke moet president Ramaphosa se optrede ondersoek en beweer dat dit op geldwassery en korrupsie neerkom. Ongeveer 70 miljoen rand se buitelandse valuta is by die president se plaas gevind. ‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, advokaat Mthunzi Mhaga, sê die besluit om nie te vervolg nie is na ‘n noukeurige beoordeling van al die beskikbare bewyse geneem.

 
 
 

Comments


bottom of page